It is currently Tue Jul 25, 2017 8:42 am

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Uit met die oue en in met die nuwe!!
PostPosted: Sun Jul 05, 2015 8:39 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
Uit met die oue in met die nuwe!!

“Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening” 2Timoteus 4:2-5.

Die ou evangelie waarhede!

Ons moderne kultuur is behep met die opvatting, “uit met die oue en in met die nuwe”. Ons is obsessief met al die nuutste giere, skinder-stories, idees of luukshede. Ons word gou verveeld, verbittered of ontevrede met enigiets verlede seisoen, wat nog te praat van jare terug. Ons word oorbodig vermaak en nie gefokus nie as ‘n samelewing. Ons het ‘n geestelike doodloop straat bereik!! Omdat ons as gelowiges na die sirene van veranderde winde geluister het, en valse leraars en predikers ons belowe dat beter dinge is aan die kom, het ons toegelaat dat daar ‘n verskuiwing in die geestelikheid in ons kerke plaasvind. Baie van ons is weggerokkel van die ou evangelie waarhede, net soos God se Woord dit voorspel het!

Misleiding!

Die Bybel verklaar dat, “die slang was listiger as al die diere van die veld”…Genesis 3:1. Satan gebruik hierdie mees intelligenste van God se skeppings om Eva te mislei in die Tuin, en hy gebruik nog steeds die hoogste sosiale- intelligensies om manne en vroue te mislei! Niemand val terug geestelik net oornag nie. Die Bose Een weet dit, en hy weet ook dat nog minder sal die hele kerk oornag afvallig word nie. Derhalwe, is hy besig met ‘n proses van misleading wat alreeds eeue aangaan. Niks hieraan is vermoedelik skielik of skrikwekkend nie, maar elke afweering van die Waarheid klink altyd perfek aanvaarbaar vir die on-deelkundige oor. Elke verandering en afvaligheid binne die Kerk het altyd die merk van Satan daaraan; onthou, hy kom nie met horings en ‘n hooivurk nie! Hy kom soos ‘n engel van die lig.

Die verkeerde geestelike resep!

Hierdie resep is oor die jare heen oor en oor verander. Die smaak is amper nie herkenbaar nie, met elke verandering wat plaasvind, sodat die nuwe nie meer eens smaak na die oorspronklike nie. Tensy u nie die oorspronklike geproe het nie, sal u nie weet dat die nuwe een anders smaak nie. Dieselfde is waar van die Geestelike. Tensy u nie die heerlikheid van die ware evangelie ervaar het nie, sal u onwetend die verkeerde geestelike resep eet. Baie Christene lees nie die oorspronklike resepte boek nie [die Bybel] vir hulle self nie. Hulle los daardie werk vir kerk leiers wie hulle maar aanvaar is betroubaar, wanneer hulle nie is nie. Moet nie net blindelings die word aanneem van wat jou pastor preek nie. Lees die Bybel en kyk of hy wel ooreenstem met God se Woord. Meeste van hierdie so-genaamde leraars van valse leringe sal hulle gemeentes weg stuur na allerhande boeke anders as die Bybel. Ons het meer predikers nodig wie die ware Woord van God in Sy volheid preek. Die pastore moet by die Kruis bly, sodat mense weereens kan uitroep, “Smaak en sien dat die HERE goed is”, Psalms 34:8. U sal sien wanneer uself die Woord lees en inneem sal agter kom die ytdlose Waarheid van God is die soetste ding wat ons ooit sal ken.

Die Nuwe Geestelikheid!

Ek wil u verwys na die volgende webwerf om self te lees oor “From Truth to a New Spirituality”,

http://www.crossroad.to/charts/new-spirituality.htm.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron