It is currently Tue Dec 12, 2017 8:28 am

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Verslete siele kan hernu word! Deur Deon Koeglenberg.
PostPosted: Sun Jul 05, 2015 8:47 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
Verslete siele kan hernu word


2Korinthiers 5:17 lees, “Daarom as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword”. Hierdie is ‘n welbekende teks. U het dit al herhaalde kere vantevore gelees of gehoor. Wanneer ons praat van die ou dinge wat in die lewe van ‘n kind van God was voordat hy of sy tot bekering gekom het, dan hoef ons seker nie ver daarvoor te
gaan soek nie. Want baie van die dinge wat ek eers voor lief was is ek nie nou meer voor lief nie. Dinge wat my voorheen plesier verskaf het in die lewe, is nou vuil en lelik. Die grappe wat vir my mooi was, klink nou afskuwelik. U kan seker vandag ook baie dinge opnoem waarvan u as kind van God vir goed van afskeid geneem het. Dis tog seer sekerlik waarom die Woord van God so dit aan ons stel, “daarom as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel. Die ou dinge het verby gegaan kyk alles het nuut geword”.

Daar is net sekere dinge wat nie pas by die lewe van ‘n kind van God nie. Dit is dinge waarvan u en ek moet van afsien. Toe ons nog in die wereld was en aan Satan behoort het, het dit nie saak gemaak . Die dinge was toe nog vir ons mooi en aantreklik, maar nou dat ons skoon gewas is in Jesus se Bloed; nou is dit ‘n ander saak. Hierdie dinge mag nou nie meer ‘n houvas op ons lewens het nie. Nee ons moet daarvan afsien want dit hoort net nie tuis by God se kinders nie, en nog minder behoort ons enige plesier daarin te vind. Natuurlik moet u en ek die verskil raaksien tussen iemand wat in Christus is en iemand wat nog nie hulle lewens aan Christus gegee het nie. U sien liewe leser, die Woord vertel ons dat, “Jesus het gekom om te soek en te red die wat verlore is”, Lukas 19:10. Dit sluit natuurlik in vir u en my en wie ook al wil kom na Hom toe. Solank ons nog tel onder die wat verlore is, is ons nog nie in Christus nie. Die oomblik wanneer daar wel ‘n ontmoeting met Jesus Christus is, ‘n persoonlike ontmoeting met God die Seun, dan is u en behoort u in Hom. Wat beteken dit wanneer ons dan praat van ‘n nuwe skepsel? Hierdie person is die een wat sy Skepper ontmoet en sy saak regmaak, “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, se die Here; al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol”, Jesaja 1:18. Wanneer hierdie transaksie tussen Skepper en skepsel plaasgevind het, dan kan dit aanvaar word dat u ‘n nuwe skepsel geword het. Iets wat nuut geskep is, is iets wat nie meer soos die ou ding lyk nie. Dit is iets wat nie meer ooreenstem met die ou dinge nie. Hier is ‘n voorbeeld. Die buiteband van ‘n motor word vir die eienaar van die motor nodig om na die versolers te neem, wanneer daar al lelike merke en dalk snye aan die band is. Die band het nou al harde en moelike dae agter die rug. Daar was dae toe dit deur gate in die pad moes ry, dae wat dit aan gure weer blootgestel was, en ook warm hittige dae. Daar was dae toe dit oor klippe ook moes ry. Nou het hierdie buiteband so ‘n toestand bereik dat die eienaar geen keuse het om dit te laat versool nie. Of natuurlik moet hy dit wegsmyt. So breek die dag aan wat hy dit na die versolers toe gaan neem. Daar word natuurlik nou na sekere dinge gekyk soos of daar nog loopvlak oor is op die band; of die seil nog nie deur geskeur is nie. So word daar ook wit kryt geneem en ooral lyne en kringe getrek. Met al die lyne en strepe wat getrek word lyk dit of daar nie veel hoop is nie. Maar wanneer die band weer heeltemaal versool is dan lyk dit kompleet na ‘n nuwe buiteband. Hierdie buiteband lyk nou kompleet of dit uit die fabriekswinkel gekom het, so netjies is dit. Nuut is dit nie, nee net ‘n nuwe skepping van die ou buiteband. Vriende, wanneer ons kyk na die lewe van ‘n sondaar, dan kan ons nie anders om so ‘n vergelyking te tref met die versolings proses waarvan ons so pas gepraat het nie. Satan se verwoestings werk in ‘n mens se lewe deur die jare het lelike merke en snye agtergelaat deur die sonde wat gepleeg is. Wanneer die siel wie blootgestel is aan die sonde, vind dit hom of haar in ‘n haglike toestand na jare. Eindelik kom kom so ‘n vervalle siel te staan voor ‘n keuse. Wat gaan ek maak met Jesus? Wat gaan ek maak met Hom wat my so lief het dat Hy vir my gesterf het? My vriend hoe wonderlik is dit nie om te weet die Versoler van stukkende siele, leef vandag en gee om vir daardie stukkende siel. Die verwoeste lewe kan ‘n nuwe skepsel word in Christus. Prys die naam van die Here!!

Wanneer ons voor die groot versoler van alle tye staan kom, dan merk Hy ook al die snye en gate wat deur die sonde verwoes was, dan bedek Hy dit met Sy kosbare Bloed. Al lyk ons ou lewe hoe verwoes of hoe stukkend geslaan deur sonde, wanneer ons deur Jesus se versolings proses gegaan het, is ons sommer ‘n nuwe skepsel in Christus. Lesers, weet u wat word alles nuut? Jou liggaam word nuut, jou lewe word nuut, jy kry ‘n nuwe taal waar vuil taal nie meer deel is nie, en jy kry nuwe vriende. En jy kry sommer ‘n nuwe glimlag....Hallelujah!! ‘n Kind van God , versool deur Jesus se Bloed, praat anders, dink anders, doen dinge anders, loop anders want die pad wat jy loop is ‘n skoon pad. Die skrif leer ons dan; “Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God, onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan”, 2Korinthiers 2:15. Vir die wat gered word is dit ‘n aangename reuk van die lewe tot die lewe, maar vir die wat verlore gaan is dit ‘n reuk van die dood tot die dood. Vriende die Bybel vertel ons dat ons is ‘n nuwe skepsel, Prys die Here. Wil us nie u lewe in ondersoek plaas met die Versoler van alle tye nie?

Deon Koeglenberg.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron