It is currently Tue Dec 12, 2017 8:25 am

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Wie is Jesus Christus?
PostPosted: Sun Jul 05, 2015 8:56 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
Wie is Jesus Christus?



Matteus 16:13-16:
‘n Jong Engelse seun op die aand van Januarie 6 …1850, is oppad na ‘n afspraak, maar bevind homself vasgevang in ‘n sneeustorm. Soos die sneeu en woedende winde teen hom slaan kyk hy na ‘n plek om te skuil. In die verte sien hy ‘n dowwe lig brand, en dink dit is ‘n herberg of so iets soortgelyk. Hy stap sukkelend nader en vind homself binnekant ‘n ou Metodiste Kerk. Die weer was so on-aangenaam dat die pastoor nie by die diens kon uitkom nie. ‘n Handjie vol mense het die weer getrotseer daardie oggend, en in stilte na ‘n man, wie ‘n skoenmaker was geluister. Hierdie man wass nie ‘n prediker nie en moes instaan vir die pastor wie nie opgedaag het nie. Hy was ook nie ‘n geleerde man soos die pastoor nie, net ‘n eenvoudige persoon. Hy het sy Bybel ge-open en uit Jesaja 45:2 gelees, “Look unto Me, and be ye saved, all the ends of the earth.”

Hierdie jong man sou later vertel hoedat die ongeleerde man nie eens die woorde reg kon uitspreek nie; maar dit vertel hy het nie saak gemaak nie want daar was ‘n krag agter daardie woorde.
Die boodskap het begin toe die nederige man verklaar het, “It says, ‘look,’ no looking don’t take a deal of pain. It ain’t lifting your foot or finger; it is just ‘look.’ Anyone can look, even a child can look. “But then the Text says, ‘look unto Me,’ look to Christ!”. Die jong man wie net kom skuil het van die sneeu en wind buitekant vertel, “The eyes of this uneducated man looked right at me and said, ‘Young man, look to Jesus Christ. Look! Look! Look! You have nothing to do but look.’”
Hierdie jong man was onmiddelik geraak en veroordeel gevoel en het Jesus Christus net daar aanvaar. Hierdie jong man was niemand anders as Charles Haddon Spurgeon, wie een van Engeland se grootste en bekendste prediekers geword het.
DIE VRAAG VAN DIE EEUE!
In die Bybel, vind ons dat Jesus het Sy dissipels die volgende gevra. “Wie se die mense is ek?” Hierdie een vraag is alreeds baie gevra deur die Kerk geskiedenis. Hoe iemand hierdie vraag be-antwoord sal bepaal waar hulle die ewigheid sal spandeer. Hoe iemand hierdie vraag vra bepaal wat iemand eintelik weet van Jesus. Hoe iemand die vraag antwoord sal ook bepaal wie u is en waarheen u oppad is.
DIE KERK HET VERGEET WIE JESUS IS:
As iemand elke Sondag elke diens in hulle dorp kon besigtig, watter soort Jesus [as Jesus voorgehou word] sal hulle vind in die kerke. In te veel kerke is die Jesus wat voorgehou word nie die Jesus van die Bybel nie. In baie kerke word Jesus deesdae voorgehou as die Groot Filisoof. Of Hy is die Groot Omgewings-bewaarder in die hemelruim. Ook in sommige kerke, word Jesus uitgebeeld as ‘n goeie mens wie jou maar net wil laat lag en goed voel.
WIE DINK U IS EK?
Jesus Spreek nou direk met Sy dissipels. Onthou hulle het met Hom geloop, hulle het Sy wonderwerke gesien. Maar tog vra Hy hierdie vraag. Hy was besig om hulle te bevraagteken om te sien wat hulle sou antwoord, en vandag doen Hy presies dieslfde met ons. Wie se u is Ek!
Assosiasie en nabyheid beteken nie iemand ken Hom nie. Hoeveel mense sit in kerkbanke en hulle ken Hom nie? Daar is net een korrekte antwoord.
“U IS DIE CHRISTUS”
Lukas verklaar is sy skrywe, “Die Christus van God”. Christus beteken gesalfde en dit het verwys na Hom as die Messias en Koning. Gesalf beteken om toegeweid\geheilig te word na ‘n spesifieke werk\doel, ‘n werk wat net Hy daaraan kan voldoen
WIE IS JESUS CHRISTUS?
Hy is die Seun van God, Redder van die mens, Hy is die Gesalfde Een, die Spesifieke Een, die Unieke Een. Hy is die Een wie Charles Spurgeon aangeroep het om gered te word. Wie is Jesus Christus? Een titel of naam doen nie regverdiging nie.
Die Woord van God vertel ons dat Jesus Christus is:
• Die Saad van die vrou, Jehova, Shiloh en die Ster uit Jakob.

• Wie is Jesus Christus? Hy is die Profeet, Koning, Rots van Saligheid, die Gesalfde Een, die Lam van God, die Seun van God.

• Wie is Jesus Christus? Hy is ons toevlugsoord\heiligdom, Hy is Wonderbaar, Hy is Raadsgewer, Hy is die Groote God, Die Prins van Vrede, die Ewige Vader.

• Wie is Jesus Christus? Hy is die Rots van Jesse, die Tak, die begeerte van alle nasies.

• Wis is Jesus Christus? Seun van Geregtigheid, Seun van Reverdigheid, Die Suiweraar, Die Reiniger, die Seun van Abraham, die Seun van Dawid, Meester, Seun van die Mens, Die Groot Geneesheer, en ons Sabbats Rus.

• Wie is Jesus Christus? Hy is die Bruidegom, die Vriend van sondaars, Horing van Saligheid, die Woord, die Lam van God, die Geskenk van God, die Brood van die Lewe, die Lig van die Wereld, ons Groot Herder, Hy is die Weg, die Waarheid, en die Lewe.

• Wie is Jesus Christus? Hy is die Deur, Hy is die Pasga, Hy is die Leidsman en Voleinder van ons geloof, Hy is ‘n spyker in die regte plek, Hy is die More-ster, Die Leeu uit die stam van Juda, Hy is die Koning van alle konings, Here van al die here.

• Wie is Jesus Christus? Hy is die Redder, die Geneesheer, die Doper in die Heilige Gees, Hy is die Christus, die Seun van die Lewende God, die enigste Een Wie verlore mense kan verlos en red van sonde. Hy alleen kan jou ‘n nuwe mens maak.

Wie is Jesus Christus? Hy is my Verlosser en Saligmaker en Heer, dit is wie Hy is.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron