It is currently Sat Nov 25, 2017 1:02 pm

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Wyn is 'n spotter!! Deur William Cook.
PostPosted: Sun Jul 05, 2015 8:59 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
WYN IS ‘N SPOTTER!

“Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie”, Spreuke 20:1.
Daar is verskeie vrae wat gedurig voorkom, en dit het te doen met die gelowige en alcohol. Baie sal volhou dat daar is niks verkeerd om alkohol te drink, solank as dit met moderasie gedoen word. Diesulkes sal die laaste Awandemaal, en die eerste wonderwork van Christus gebruik om hulle argument te staaf. Ek wil graag hierdie skrifgedeeltes neem en aan u te verduidelik hoekom dit nie OK is vir ‘n gelowiges om drank te gebruik nie.
Voor ons verder beweeg wil ek graag net aan die leser dit voorhou hoe dat ek oor die jare heen gesien het hoedat die gebruik\misbruik van alkohol huwelike en lewens verwoes het; hoedat familie, vriende en ook werks-kollegas deur hierdie euwel na die “gutters” gebring is.

DIE AWENDMAAL:

Kom ons kyk na die laaste awendmaal. In hierdie geval van die awendmaal word die woord “wyn” nie gebruik nie, en word dit ook nie gevind in hierdie skrifgedeeltes nie. Dit word ook in elke skrifgedeelte gebruik, “Toe neem Hy die beker en nadat Hy gedank het” [Matteus 26:27; Markus 14:23; Lukas 22:17; 1Korintiers 11:25]. Jesus het wel die volgende frase gebruik, , “hierdie vrug van die wynstok” in Matteus 26:29, Markus 14:25, and Lukas 22:18.

Dit is baie duidelik dat God wou dat ons die vrugsap moet gebruik. Die Heilige Gees het tot groot lengtes gegaan om nie woorde te gebruik wat geen verwysing het tot sterk drank nie. Die rede bedoelend dat enige ge-fermenteerde wyn nie aanvaar sal wees om die Bloed van Jesus Christus te verteenwoordig nie. Ge-fermenteerde wyn is vrugte-sap wat verrot het. In ander woorde, die proses van fermentasie is die opbreuk van groot molekule deur die invloed van bakterie of fungus. Wyn is die resultaat van hierdie de-generasie aksie van kieme op pure bestandele.

GIF EN BEDERWING:

Ge-fermenteerde wyn, sal in werklikheid dan die Bloed van Jesus simboliseer as onrein en besmet, en nie die werklike Pure en Perfekte om dan vir die reiniging van ons sondes te wees nie. Pure, vars vrugtesap is die aantrekkings-krag tot die lewe, wyl ge-fermenteerde wyn strek na die dood. Alkohol wat gedrink word is beide ‘n dwelm en giftig. ‘n Dwelm omdat dit die gedragskode van ‘n person be-invloed, en dit veroorsaak dat hulle dinge doen wat hulle gewoonlik nie sal doen nie. As gif, is dit ‘n middle wat die dood kan veroorsaak , weens die agteruitgand van die lewer.

Derhalwe , iets wat in ag genem moet word is dat die Here on-gesuurde brood gebruik het gedurende die awendmaal. Dit neem ons dan terug na die Pasga, waar die Jode geverg was om, “Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie” Eksodus 13:7.

Brood wat besmet was deur bakterie of suurdeeg [gis ---dit is wat gesuurde beteken] was onvanpaslik vir die gebruik by die fees. So, as Jesus dan nie “gesuurde brood” gebruik het nie weens die bakterie wat in die suurdeeg is, dan hoekom sou Hy ge-fermenteerde vrugtesap [wyn] gebruik om te drink? Want daar was bakterie in die ge-fermenteerde vrugtesap, en derhalwe onpaslik vir gebruik.

HET JESUS WERKLIK WATER IN WYN VERANDER?

Die tweede scenario is die EERSTE WONDERWERK van Jesus wat Hy te Kaanan gedoen het. Die water in wyn verander het! Die vraag wat ek vra, “het Jesus waarlik die water in fermenteerde wyn verander wat mense sou dronk maak?”. Ek dink nie dit was die geval nie!! Kom ons kyk hierna?

Eerstens, as hierdie “wyn” van ‘n bedwelmde aard was, dan sou die mans, volgens skrif “goed dronk” wees, “Johannes 2:10”. Dit sou vir Jesus onderdruk plaas om nog wyn te maak. En as daardie wyn die mans dronk sou maak, dan sou Christus teen Sy Eie Wet van onthouding\matigheid handel. Dit ook, sal dan ‘n openlike uitnodiging wees om te drink na hartelus, en sou die Here in ‘n moeilike posisie plaas om nog drank te voorsien aan hulle wie alreeds dronk sou wees.

GOEIE WYN:

Tweedens wil ek kyk na die woord “goed”, gevind in Johannes 2:10. Die woord “goed” beteken in die Grieks “dit wat wesenlik goed is”. As ons dit as letterlik aanvaar, dan kan die pure, soete vrug van die druif, as “wesenlik goed” aanvaar word; maar die verotte, fermenteerde, verswakte, sterk soort wyn kan beswaarlik as goed beskou word.
Persoonlik glo ek dat onse Here nie iets sal maak wat korrup is en dan dit “goed” noem nie. Weereens, fermentasie is ‘n soort ontbinde en verswakte proses, wat waarlik nie as goed beskou kon word nie. En ook glo ek dat dit sal godlasterlik wees om die EERSTE WONDERWERK VAN CHRISTUS, nadat Hy met die Heilige Gees gevul is, ‘n bedwelmde drank te maak vir mense om dronk te word. Die man teenwoordig by hierdie troue het heelwat alreeds gedrink, en die bruidegom gepry day hy die goeie vir laaste gehou het. Dit is ‘n uitgemaakte saak dat alkohol, gedrink in uitermate, sal die “tastebuds” dood maak van die drinker. Hoe kan hierdie mans die smaak van die “goeie wyn” proe as hulle dan nou alreeds “sterk drank” die hele tyd gedrink het by die fees? Hulle sou teen hierdie tyd nie die verskil tussen goed en sleg ken nie.

Laastens, “wyn” is geken presies soos dit was in die Bybelse tye. Nogmaals moes die woord na-gekyk word en van nader gedefineer. Die resultaat daarvan is dat “wyn” is iets wat gekenmerk word as iets wat jou dronk maak. Dit wat jou nie dronk maak nie word gekenmerk as vrugte-sap. Weens hierdie klein woord, word menigte verward met die woord wyn soos dit gebruik was in Bybelse tye, soos ons dit verstaan....maar dit is nie die geval nie.

So, persoonlik dink ek nie dat die Eerste Wonderwerk van Jesus was die soort wyn wat iemand sou dronk maak nie. Dit was eerder die pure, vars, soet druiwe sap en dit sal ons hier bewys.
Tenslotte neem hierdie volgende skrifte in ag rakende die misbruik van sterk drank\alkohol.
Genesis 9:21,24; 19:32-35; Ester 1:7,10; Job 32:19; Spreuke 4:17; 21:17; 23:30,31; Jesaja 5:11; 24:1,7; 28:1,7; 56:12; Jeremia 51:7; Esegiel 44:21; Daniel 5:2,4; Hosea 4:11; Joel 1:5; Habbakuk 2:5; Romeine 14:21; Efesiers 5:18; 1Timoteus 3:3, Titus 1:7; 2:3; 1Petrus 4:3.

In Christus alleen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron