It is currently Mon Dec 11, 2017 4:27 am

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Die Huwelik-1 Deur Pastoor Piet Smit.
PostPosted: Sun Sep 06, 2015 9:14 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
Jy weet mos hoe sleg gaan dit met die huwelike in ons land:
• Gemiddeld 133 000 egskeidings per jaar;
• Nagenoeg 14 000 egskeidings per maand;
• Twee derdes van alle huwelike in S.A. eindig na ‘n aantal jare in die egskeidings hof. (Gegewens volgens Jerigo Mure)
WAT KAN EK DOEN?
Ek kan ten minste vir my kind leer dat ‘n gelowige trou nie met ‘n ongelowige nie. 2 Kor. 6:14 - “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie.” As jy hierdie teks ignoreer, is jy in stryd met God se Woord en sal jy die pad van geestelike ballingskap loop.
Toe ek op ‘n dag hierdie teks vir ‘n vroutjie aanhaal wie se huwelik aan die verbrokkel was, het sy onthuts uitgeroep: “Nou hoekom het die leraar wat my getrou het, dit dan nie vir my gesê nie?!” Hy het dit seker vir haar gesê, maar sy was so blind verlief dat sy dit tien teen een nie eens gehoor het nie. Waag dit net om dit wel vir iemand te sê wat tot oor sy of haar ore verlief is, dan is jy die verkeerdse mens wat nog ooit gebore is!

Om ‘n verkeerde huwelik te voorkom, sal ek ook vir my kind leer dat jy nie in ‘n liefdesverhouding betrokke raak, alvorens jy nie gebid het en in die Here vrede het dat dit jou pasmaat is nie.

Ek is van mening dat God het vir elke man en vrou ‘n spesifieke huweliks-maat. (Die wat bestem is om te trou.) Onthou God het ons elkeen gemaak en Hy ken ons spesifieke behoeftes beter as ons self. Hy het vir jou ‘n maat wat presies by jou behoeftes en by jou beroep sal inpas. Hy ken jou drome, visie en jou toekoms.
• Spr. 30:8 – Laat my geniet die brood wat vir my bestem is.” Laat elke ongetroude sê: “Here, gee my die vrou / man wat vir my bestem is.”
• Ps. 47:5 – “Hy kies ons erfdeel vir ons uit.” Laat elke ongetroude dit erken: “Here, Ú kies my huweliksmaat vir my uit.”
• In Gen. 24:14 bid Eliëser om die regte vrou vir Isak, sy heer Abraham se seun: “Laat dit nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink—dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak.”
Gen 24:15 – “Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit ... met haar kruik op haar skouer.” Toe Rebekka presies doen wat hy so ‘n minuut vantevore gebid het, het Eliëser bo alle twyfel geweet dat die dame wat besig is om die kamele water te gee, die regte vrou vir Isak is. Is dit nie mooi en absoluut Goddelik nie!!!?


GEBED VIR ONS LAND SE HUWELIKE
Here, ek bid vir ons land se huwelike. Mag U hulle seën wat goeie huwelike het dat dit selfs sal beter word. Mag die minder goeie huwelik herstel tot goeie huwelike. Mag U gee dat ons gelowige kinders nie sal trou met ongelowiges of selfs intiem sal betrokke raak by hulle wat nie hulle toekomstige huweliksmaats is nie.

Amen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron