It is currently Sat Nov 25, 2017 12:15 am

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Die Huwelik-2 Deur Pastoor Piet Smit.
PostPosted: Sun Sep 06, 2015 9:18 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
WAT KAN ONS NOG DOEN?
Ons mag nie doen soos ons ouers gedoen het nie. Ons ouers het nie met hul kinders gepraat oor die liefdeslewe in die huwelik nie. Ons moes die inligting bekom op die verkeerde plekke. Daarom moet ons (die ouers wat tans kinders het) die vrae van ons kinders, op ‘n eerlike manier beantwoord en hulle nie wegstoot met ons antwoorde nie. Of op ‘n manier vir hulle laat verstaan, hulle is vulgêr of vroeg ryp, om oor dié sake te praat nie. Maar die beste is natuurlik om die ideale huwelik voor hulle oë in die huis te modelleer, want kinders word wat hulle sien en nie noodwendig hoor nie! Wees dit wat jy wil hê jou kinders moet word.

As jy regtig ernstig is oor jou huwelik, sal jy ‘n besluit neem:
• Ek sal my lewe lank die vrou of die man van my jeug aanhang (Mal.3:15);
• Ek sal in my hart en in my hele lewe – in die geheim of openbaar, nie plek maak vir ‘n ander een nie. Nooit nie! (Daar is wel die twee Bybelse toelaatbare redes vir egskeiding – Mat. 19:9; 1 Kor. 7:15 - en vergifnis vir dié wat reeds daar deur is.)
Ons weet mos hoe gaan dit in die wêreld; na ‘n klompie jare se getroude lewe, dan soek die man of die vrou vir hom of vir haar ‘n ander maat. Of die man en vrou behou sy huweliksmaat terwille van die kinders of die publieke mening, maar om elke hoek en draai word daar geflankeer met ‘n ander een. Dit is so goed soos emosionele egskeding. In naam is hulle getroud en na die uiterlike is hulle nog by mekaar. Maar in hulle harte is hulle eintlik geskei.
Maar die kind van God wat ernstig is met die Here, sal terwille van die Here anders doen. As kind van God is ek in die eerste plek getrou aan my eie huweliksmaat terwille van die Here!
• Al is my huweliksmaat nie meer die aantreklike persoon van vroeër nie.
• Al staan my maatjie afsydig teenoor my.
• Al voel ek dikwels verwerp deur my maat se optrede.
• Al kry ek nie meer uit my huwelik wat ek graag sou wou hê nie.
• Al het my maatjie irriterende gewoontes.
• Al is daar selfs ander en beter beskikbaar - dan bly ek steeds getrou, omdat ek God en Sy Woord bo alles stel en ek as gelowige weet:

God haat egskeiding (Mal. 3:16).
En wat God saam gevoeg het, mag geen mens skei nie (Mat. 19:6).

GEBED
Here help my om in my huwelik getrou te bly aan die vrou / man van my verbond (Mal. 2:14)!

Amen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron