It is currently Fri Jun 23, 2017 5:35 am

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Die Huwelik-3. DeurPastoor Piet Smit.
PostPosted: Sun Sep 06, 2015 9:21 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
VRAAG:
Dikwels vra mense die vraag: “Wat as jy voel jy het met die verkeerde maat getrou? Mag jy dan skei?
MY ANTWOORD:
Baie mense voel so wanneer dit op 'n stadium:
• Nie goed gaan in die huwelik nie,
• Wanneer die huweliksvlam laag brand,
• Wanneer dit skyn te lyk daar beter en wonderliker huweliksmaats beskikbaar is.
Soms kyk 'n mens na ander paartjies en dan lyk hulle so "gelukkig" en dan voel 'n mens jy het 'n fout gemaak in jou keuse, want hoekom gaan dit dan so beroerd in jou eie huwelik?

Tog gee dit ons geen Bybelse reg om te skei nie. Ek wil tog glo dat al het mense nie gebid en nie God se keuse gevra voor die huwelik nie, en al was hulle onbekeerd; staan die Here tog nie los van enige mens nie. Onthou dat Ps. 47:5 sê dat die Here kies ons erfdeel vir ons uit. Hoe sal jy weet of God nie dalk jou maatjie vir jou gekies het nie? Hoe dikwels sal mense hulle daarop beroem dat die Here hulle hiér gehelp het en dáár gelei het (selfs onbekeerdes). Maar wanneer dit by die huwelik kom na ‘n paar jaar (omdat dit hulle pas), dan was die Here nou nie daar “teenwoordig” nie ...?

Onthou as huwelikspaar, het jy voor God in die kerk 'n belofte gemaak om by jou maat te bly tot die dood julle skei. Ps. 15:4 sê: “Al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;” Is jy ‘n persoon van jou woord? Beteken ‘n gelofte aan God vir jou iets?
So, 'n mens mag nie skei net omdat ons nou voel ons het 'n fout gemaak nie. As almal dit nou begin doen (en baie doen dit tog) dan sal weinige paartjies by mekaar bly, want in elke huwelik is daar storms. Die huwelik is soos die gesegde lui: Jy het self jou bed gemaak; nou moet jy ook daarop slaap.

Ek is ook oortuig dat as 'n mens as Christen mooi verhoudings beginsels handhaaf, kan 'n mens tóg baie gelukkig wees met jou maat. Ek sê dit altyd: Al sou 'n paartjie maar nét die broer-en-suster-in-die-Here-liefde vir mekaar hê, dan kan hulle al klaar baie gelukkig wees. Sit nou nog daarby dié soort liefde wat 'n man vir 'n vrou moet hê; dan word dit net nóg beter.

Mens kan bid dat God wat liefde is (1 Joh. 4:8), die liefde vir jou huweliksmaat sal herstel of vir die eerste keer opwek.
Die beste van alles nou gesê: Daar is niks wat God nie kan doen nie (Luk. 1:37)! Hy kan selfs my fout regmaak!!!

Amen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron