It is currently Tue Dec 12, 2017 10:11 pm

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Die Huwelik-4 Deur Pastoor Piet Smit.
PostPosted: Sun Sep 06, 2015 9:24 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
Ons moet mos soos Jesus wees – selfs in die huwelik! Ek lees van Jesus se liefde vir Sy dissipels in Joh. 13:1 – “en omdat Hy Sy eie mense in die wêreld liefgehad het, liefgehad het tot die einde toe.” Jesus kon maklik teruggedeins het toe die kruis voor Hom opgedoem het; toe dit nie meer maklik was om voort te gaan met Sy sending nie. Hy kon ook soos baie ander ontrou geword het aan Sy voorneme en uitgedraai het en ‘n makliker pad geneem het. Maar Hy het nie. Hy het liefgehad tot die einde toe!

Mag ek dit met deernis sê, sonder om te veroordeel: “Mense wat om onBybelse redes skei; het nie lief tot die einde toe nie.”
Ons moet mos soos Jesus wees – selfs in die huwelik! Ek lees van Jesus se getrouheid in 2 Tim. 2:13 – “As ons ontrou is, Hy bly getrou ...”
Hoe nodig het elke man en vrou in die huwelik, om soos Jesus getrou te bly. Al sou my huweliksmaat ontrou word, dan bly ek steeds getrou aan my roeping, voorneme en verbondsbeloftes aan hom of haar. Ongeag my huweliksmaat se swak optrede; dit bly nog steeds mý roeping om voort te gaan en liefde te gee, die mooiste aan my maat te doen, van hom of haar te sê, te glo, te dink en te hoop. Dit gaan nie oor wat ek van my huweliksmaat ontvang nie, maar wat ek onvoorwaardelik en onbaatsugtig kan gee en bewys, want die Here Jesus sê (Hand. 20:35): “Dis saliger om te gee as om te ontvang.”

Dikwels sê mense:
• "Maar ek kry swaar in my huwelik!”
• “Dis nie meer lekker om met Karel getroud te wees nie!”
• “Gloria, dryf my tot raserny!”
Het jy geweet daar is ‘n kroon vir martelare? Open. 3:10 – “Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.”

Baie sien nie kans vir die swaar kant van die huwelik nie en wil uitdop. Ek sal liewer ín my huwelik bly, selfs onder moeilike omstandighede deur:
• Lief te hê tot die einde toe;
• Getrou te bly. Maar ‘n kroon vir martelare as beloning aan die einde uit Jesus se hande te ontvang en te hoor: “Mooi so!” (Mat. 25:21)

EBED
Here, ek bid vir vars inspirasie om my huweliksmaat te bedien met liefde, want dis deur te gee dat ek ontvang. Help my om lief te hê tot die einde toe.

Amen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron