It is currently Tue Jul 25, 2017 8:41 am

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Die Huwelik-5. Deur Pastoor Piet Smit.
PostPosted: Sun Sep 06, 2015 9:26 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
Mens hoor van tyd tot tyd die hartseer verhaal, hoedat ‘n man by die huis sal kom en teenoor sy vrou verklaar: “Ek is nie meer lief vir jou nie. Ek is nou lief vir daardie ander vrou by die werk. Eintlik was ek nooit lief vir jou nie, ek het dit my maar net verbeel.” Dan verlaat hy sommer sy vrou en verdwaasde kindertjies en gaan neem sy intrek by die ander vrou.

Maar sê nou jy het geswig vir die versoeking en jou vrou / man en kinders verlaat en gaan intrek by ‘n ander vrou of man; dink net hoe pynlik gaan die ontnugtering wees wanneer jy een of ander stadium tot jou self kom en besef:
• Dit was toe nooit liefde nie, maar sommer net verliefdheid.
• Die verleentheid wat jy oor jouself gebring het deur jou onedele gedrag;
• Die verleentheid vir jou vrou / man en kinders;
• Jy het “the talk of the town” geword;
• Die sonde van owerspel wat jy (dalk) gepleeg het.

Hoe herstel ‘n mens ooit weer die verleentheid en skade wat jy oor jou gesin gebring het? As jy ‘n Christen is, het jy jou hele getuienis geskaad en afgetakel! Al keer jy later terug na jou eie huis; mense gaan dit onthou en dit sal lank duur voordat die stof gaan lê.

REDES VIR DIE GEBEURE:

• By die werk waar ‘n mens baie eensydig met mense verkeer, leer ken ‘n mens gewoonlik net die een kant van mense - die mooi kant. Onthou almal kom by die werk aan met die beste klere en mooiste voorkoms. Almal sit die beste voetjie voor en is die vriendelikheid self. Maar moenie so naïef wees om te dink, mense het nie ook ‘n skadukant nie. Jy ken nie die slegter kant van mense soos wat hulle dit in die vryheid van hulle huise openbaar nie. So getuig vele wat sommer die huis verlaat het vir ‘n ander man of vrou: “Net ‘n maand en jy ontdek die anderkant van daardie kamstige wonderlike foutlose man of vrou en jy besef jy het die fout van jou lewe gemaak!”
• Dit was dr. Lemmer du Plessis wat gesê dat as daar ooit so iets met jou gebeur, dat jy kop verloor en meen jy het ‘n ander vrou of man lief; hou net ses maande uit, dan is alles oor. Want wat gebeur; dis hormone wat in jou brein afgeskei word wat maak dat jy sommer agter ‘n ander een wil aanhardloop. Iets soortgelyk aan wat by honde afgeskei word wanneer hulle op hitte is. (Al dus dr. Lemmer)
• Die wonderlikste word later vervelig as dit oor en oor net dieselfde bly. Dit is wat met vele huwelike gebeur. Omdat ons nie kreatief genoeg in ons huwelike is nie en nie afwissel en met verrassings voor ‘n dag kom nie, tree verveling in. Gevolglik die hunkering na iets meer opwindend.

Dus, maak jou huwelik opwindend! Sit die beste voetjie voor vir jou man of vrou! Wees kreatief en doen dinge op ‘n ander manier! Dan kyk jy wat se vuurwerke kom daar weer te voorskyn!

GEBED
Here, gee vir my nuwe idees om my vrou / man, nuut die hof te maak!

Amen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron