It is currently Fri Jun 23, 2017 5:34 am

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Die Huwelik-6. Deur Pastoor Piet Smit.
PostPosted: Sun Sep 06, 2015 9:30 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
Ek hou van oom Arthur van Wyk se resep. Toe hulle vir hom vra by sy vyftigste huweliksherdenking; wat is die geheim of die resep vir die vol en gelukkig huwelikslewe tussen hom en sy vrou, het hy iets baie kosbaars gesê. Nou om darem vir vyftig jaar ononderbroke gelukkig getroud te wees in hierdie moderne samelewing, bly ‘n merkwaardige prestasie. Ons kan maar luister as hulle praat!

Oom Arthur het hom soos volg uitgelaat: “Ek het net eenkeer vir my vrou gesê in hierdie vyftig jaar dat ek haar lief het (as ek dit reg het, was dit op hul troudag); daarna het ek dit net daagliks bewys.” Terwyl jy nog effens uit die wind is na so ‘n antwoord, laat ek jou herinner aan die bekende Engelse spreekwoord: “Action speaks louder than words.”

Oom Arthur kom natuurlik uit ‘n era waar daar nie so baie gepraat is oor liefde nie. Dus, het hy baie klem geplaas op dade en wou hy moontlik ook daardeur iets aan die nuwe geslag sê wat baie klem op woorde plaas: “Woorde sonder dade beteken niks nie. Mense wat heeldag vir mekaar loop en sê: ‘Ek het jou lief,’ maar die dade ontbreek, se huwelike hou nie.” Oom Arthur het beslis geglo dat liefde is ‘n werkwoord.

Ek voel, ons moenie dade en woorde teenoor mekaar stel nie. Dit moet saamloop en mekaar komplementeer.
ELEMENTE VAN LIEFDE
Hoe bewys ‘n mens liefde in die huwelik? Die elemente van liefde in ‘n huwelik is:
• Woorde, beslis, (Al het oom Arthur dit nie so kwistig gebruik nie, glo ek tog mens moet dikwels vir jou man of vrou in opregtheid sê dat jy hom of haar lief het.)
• Kaartjies, en geskenkies,
• Aangename verrassings,
• ‘n Blommetjie uit die tuin of ‘n ruiker van die bloemiste af,
• Bedagsaamheid en hoflikheid,
• Hulpvaardigheid,
• Vriendelikheid,
• ‘n Skouer en bystand in ‘n tyd van stryd,
• Inspirasie en aanmoediging,
• Luister as die ander een praat sonder om hom of haar in die rede te val of dat hy of sy bang hoef te wees vir kritiek.
• Tyd saam,
• Dinge vir jou maatjie doen waarvan hy of sy sal hou en sal gelukkig maak.
• Dinge saam doen veral as hy of sy jou vra.
• Selfs offers bring vir jou maatjie al hou jy self nie daarvan nie, of daarvoor lus nie.
• Drukkies, soentjies, handjies hou en seksuele liefde.

Ek glo dat nie een van genoemde dinge is vir jou nuut nie. Dóén dit net! Wanneer? Komende naweek? Nee, elke dag net soos oom Arthur gedoen het vir vyftig jaar!

Amen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron