It is currently Sat Sep 23, 2017 2:46 pm

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Die Huwelik-7. Deur Pastoor Piet Smit.
PostPosted: Sun Sep 06, 2015 9:34 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
Die ideaal is dat twee mense (dame en man) vooraf bid en God se wil soek en by die Here hoor wie is hulle deel in die lewe. Eers dan kan hofmakery begin. Uiteindelik staan twee mense voor die kansel en beloof trou aan mekaar en gaan in reinheid die huwelik tegemoet en "they both live happily ever after."
Maar ongelukkig werk dinge nie altyd so maklik in die praktyk nie, want daar is die vlees van die mens, die wêreld en die duiwel. Die duiwel haat alles wat deur God ingestel is, maar veral die huwelik, omdat dit ‘n tipe is van Christus en sy bruid (Efe. 5:32). Dus, wat gebeur in die praktyk? Mense skei – die meerderheid skei! Selfs huwelike wat “in die hemel gemaak is”, kan ongelukkig ook skeefloop op die aarde.

HERTROU:
Oor hierdie onderwerp word grootliks verskil. Ek gee jou my beskeie mening. Die ideaal is wat ons lees in 1 Kor. 7:11 - "En as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen."
Sien ook Rom. 7:2 - “Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.”
Rom 7:3 - “Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.”
M.a.w. 'n mens kry één kans en as jy dit verbrou, moet jy ongetroud bly of weer met jou eie vorige man of vrou trou. Eers as jou man of vrou van wie jy geskei het, sterf, is jy vry om weer te trou met ‘n gelowige (1 Kor. 7:39). Ek sê, dis die ideaal vir geskeides.

ANDER STANDPUNTE
• Daar is ook die standpunt dat God maak ruimte vir die menslike element waar mense brand van begeerte en dan sê die Woord "laat hulle trou" (1 Kor. 7:9).
• Daar is ook die standpunt waar mense voel dat die huweliksmaat wat onskuldig is aan egskeiding, nie verhinder mag word om weer te trou nie en hulle gebruik Mat. 19:9 daarvoor. ‘n Goeie maatstaf vir enige voornemende huwelik: Is dit tot eer van God?
• Aan die einde van die dag; egskeiding is nie die onvergeeflike sonde nie. Gevolglik voel mense, as geskeides vergifnis by God ontvang het, kan ons hulle nie keer om ‘n goeie huwelik te doen nie. Ek is bewus van baie gelukkige huwelik wat deur hertrou gedoen is.

GEBED
Here, gee ons ‘n sagte gees oor ander se doen en late terwyl ons self trag om in opregtheid voor U te wandel.

Amen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron