It is currently Mon Jun 26, 2017 3:41 am

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Die Huwelik-8. Deur Pastoor Piet Smit.
PostPosted: Sun Sep 06, 2015 9:39 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
EGSKEIDING
Van al die emosionele pyn, is slegs rousmart oor die dood van ‘n geliefde, erger as dié van egskeiding. In ‘n sekere sin erger, want in die geval van egskeiding is dit ‘n nimmereindigende begrafnis waar jy oneervol uit die stryd tree ...

Hoe erg moet dit nie wees om nadat jy jou lewe, jou alles met ‘n persoon gedeel het op ‘n dag te moet hoor:
• “Ek is nie meer lief vir jou nie – ek skei van jou.”
• “Daar is iemand anders wat ek bo jou verkies en ek gaan van jou skei om met hom / haar te trou.”
Of die pyn, waar ‘n mens uit jou verdraaide droom wakker word:
• “Ek het van Sarie geskei om met Marie te trou – en ook dít is ‘n kolossale fout! Wat het ek tog aangevang!”
• “God wou dit nooit gehad het nie!”

Die emosionele frustrasie wat geskeides beleef is vir niemand toe te wens nie. Daar is:
• Verwyt, spyt en berou in die besef dis te laat,
• Woede,
• Verwerping,
• Bitterheid - sommer teen almal en alles,
• Onverklaarbare vrae soos: “Hoekom moes dit met mý gebeur?”
• Depressiwiteit,
• ‘n Identiteitskrisis
• Die langtermyn nadelige uitwerking op die kinders,
• Verarming vir beide partye.

Iemand skryf aan my (aanhaling met toestemming): “In my geval het dit gevoel asof ek gesterf het. Nie een van my ou vriende of gemeentelede het by my gestaan nie. En ek het asof van buite gestaar na hoe dit sou gewees het as ek regtig dood moes gaan. Maar ek het nog gelewe. M.a.w dit het vir my gevoel asof ek onder die genade van God uitbeweeg het en dit het harde baklei gekos om dit terug te kry.”

TWEE VRAE:
Besef mense wat gelukkig getroud is (nooit geskei) watter genade en watter onbeskryflike voorreg dit van God is?!!!
Besef ons as getroudes die ontsaglike pyn waardeur geskeides gaan? Nee, nie naasteby nie!!! Laat ons dus:
• Baie versigtiger oordeel en NIE VEROORDEEL nie;
• Hierdie mense nie beskinder nie;
• Deernis en opregte omgee betoon;
• Waak en nogmaals waak oor ons eie huwelike;
• Waardeer en nogmaals waardeer die kosbare huweliksmaat wat God vir ons gegee het!!!

Amen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  

cron