It is currently Sat Sep 23, 2017 1:02 pm

All times are UTC + 2 hours




 Page 1 of 1 [ 1 post ] 
Author Message
 Post subject: Die Huwelik-9. Deur Pastoor Piet Smit.
PostPosted: Sun Sep 06, 2015 9:54 am 

Joined: Thu Dec 24, 2009 12:01 pm
Posts: 176
Dit was die Saterdagoggend vroeg toe ek RSG aanskakel en hulle speel die snit: It’s So Easy To Fall In Love. Ek dink by myself: “Ja, gewis, dis baie maklik om sommer so dadelik halsoorkop verlief te raak. Dis geen kuns! Maar om verlief te blý, dit vra sommer baie meer!”

Ek ry deur die dorp en oral beweeg die skoolkinders, want dit is interskole en ek sien hoe twee skoliere handjie-handjie loop. Ek merk op teenoor die persoon wat langs my sit: “Ek en my vrou loop nou nie meer so op straat nie. Sal daardie tweetjies nou liewer wees vir mekaar as ek en my vrou?” Ons kon nie vinnig genoeg ‘n antwoord formuleer nie maar in my hart wil ek glo dat ek liewer is vir my vrou as daardie tweetjies op die sypaadjie van flussies. Maar ek verswyg ‘n antwoord.

Later die aand, bid ons met my motor deur die dorp en ek vertel vir die persoon wat saamry van die tieners se handjies-hou op straat en my vraag of hulle dan liewer is vir mekaar as ek en my vrou. Die persoon se antwoord: “Dis net konsert daardie. Dis net vir die ‘show’. Sommer môre is hulle nie meer ‘n ‘item’ nie, dan is dit weer iemand anders.”
• Rom. 12:9 (1953 Afrikaanse Vertaling) – “Laat die liefde ongeveins wees;”
• Rom. 12:9 (1983 Afrikaanse Vertaling) – “Die liefde moet opreg wees.”
• Rom. 12:9 (Boodskap Vertaling) – “Moenie net maak asof julle mekaar liefhet nie. Nee, gee regtig vir mekaar om.”
• MSG – “Love from the center of who you are; don’t fake it.”
• CEB – “Love should be shown without pretending.”

Ek luister na ‘n broer wat tydens een van ons Aanddienste preek en hy maak die volgende stelling: “Egte liefde tussen man en vrou het te doen met hoeveel ek bereid is om te verdra.” Op daardie oomblik sit ek langs my vrou en wou so onderlangs vir haar fluister as ‘n ondeunde grappie bedoel: “Dan moet ek darem baie lief wees vir jou, want ek moet baie verdra ...” Moontlik wou sy dieselfde vir my fluister ...

Die verdra-liefde is baie dieper as die:
• Konsert-liefde
• Sypaadjie-liefde
• Facebook-liefde, waar almal moet sien ...
• Op die radio-liefde, waar almal moet hoor ...

Ek sluit hierdie reeks af met die uitdaging: Laat ons liefde vir ons huweliksmaat opreg wees, sonder ‘n onegte vertoon, bereid om te verdra!

GEBED
Here, ek kies om in die Here lief te wees vir my lewensmaat, met alle opregtheid, bereid om te verdra.

Amen.


Offline
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
 Page 1 of 1 [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to: